‘n Stukkie hemel

Sorg, het ek besluit, is die belangrikste ding in die lewe. En ek wens ek het dit vroeër geweet. Geweet soos in besef, want as jy dit op 'n dag besef, dan kom jy dikwels agter sorg is lankal in jou DNA. Sorg van familie, van verhoudings, van jou huis, jou werk, jou gemeenskap. En as... Continue Reading →

Vlerke

I need to talk about my future, whatsapp die tiener my terwyl ek in die Kaap kuier. Ok, antwoord ek. Versigtig. Nothing, bad, I promise. Hy ken sy ma, sien, weet sy bekommer al klaar. Hy is in die laaste jaar op skool in Auckland, NZ. En dink aan sy toekoms. En my hart wil... Continue Reading →

Die pad oor Calvinia

  Francois leun oor die klein swart en wit kiekie wat ek vir hom aangee, kyk lank na die klein figure afgeëts teen die landskap, trek aan sy pyp, sê dan: “Dis my ma, en jou pa hier voor teen die rots, en ek en Kobus bo-op. Ons was op pad terug na Alheit van... Continue Reading →

Op reis

Die man van die Suid-Eiland begin met my gesels op die ferry terug van Rangitoto Eiland af.  Ek is besig om foto's te neem van die seiljagte op die Waitemata Harbour, Auckland se sprankelende waterkant. Wyerandhoed, dofgroen sweater, denim broek, stapstewels. Die jare op sy gesig afgemerk. Stel hom voor as 'n plaaswerker van Timaru,... Continue Reading →

Nog hier

Kollega Cindy hoor jy ver aankom, haar lag en môre-groet kom om die draai lank voor haar lyf. Sy het daardie oorlopende maat van selfvertroue wat mens ander net kan beny. En ‘n vry sê oor alles en almal. Ek hou van haar, ek weet presies waar ek met haar staan. Sy kom graag gesels... Continue Reading →

‘n Ander plek

Die man wat aan my motor kom werk, se naam en van is so Afrikaans, hy kon ‘n ATKV boekprys kortlys gehaal het. Maar hy praat Engels. Van Zimbabwe, sien. Op die foon noem hy my ‘dear’. En in die teksboodskappe: “What is street name dear.” En toe ek die afspraak wou uitstel, “Sorry dear.... Continue Reading →

Kos vir die siel

My kind se Kiwi psigiater is ‘n Brasiliaanse Jood wat sandale en jeans dra; ek voel heeltemal oordoen met my Mi Piaci bloedrooi plathak sandale met goue gespes. Ek hou versigtig my knieë bymekaar dat hy nie dink my somersrok is te kort nie. Ons praat oor Ritalin v. Concerta – jip, drugs vir skool -... Continue Reading →

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑