Op reis

pexels-photo-395196.jpegDie man van die Suid-Eiland begin met my gesels op die ferry terug van Rangitoto Eiland af.  Ek is besig om foto’s te neem van die seiljagte op die Waitemata Harbour, Auckland se sprankelende waterkant. Wyerandhoed, dofgroen sweater, denim broek, stapstewels. Die jare op sy gesig afgemerk. Stel hom voor as ‘n plaaswerker van Timaru, beskryf die mooi van sy wêreld, die hoogland so 30km binneland toe, sê die plaas waarop hy werk teen $24 per uur het al drie keer van eienaar verwissel en hy gaan maar elke keer saam met die plaas. Vra nie meer geld nie, want daar is soveel ander wat seker ook die werk kan doen.

“Harde fisiese werk?”, vra ek. Nee, verduidelik hy, deesdae is alles swaar, kragtige masjinerie, as jy daarmee kan werk, kan jy veel vermag. Hy vertel van sy werk, en dit word duidelik dat hy nie maklik vervangbaar is nie – daardie tipiese Kiwi ‘can do‘ houding sonder om ‘n bohaai daaroor te maak.

Hy vertel hy is op ‘n bucketlist toer van Nieu-Seeland se vulkane. Stel baie belang in rotsformasies en so. Het vyf dae gelede met die Interisland ferry oorgekom na die Noord Eiland, twee dae gelede op Mount Taranaki geslaap, in ‘n tent. Was by die Waitomo grotte om. Weskus langs, onder andere by Raglan aangery, toe na Whangarei waar sy seun werk, vandag in Auckland terwyl sy seun motors help aflaai van die groot skip in die hawe.

Die vulkaan wat Rangitoto Eiland vorm is Auckland se bekendste landmerk en dis waar ons vandag mekaar vroeër ook raakgeloop het. Hierdie jongste vulkaan in Nieu-Seeland, 600 jaar oud, is deel van sy lys van vulkane. Maar hy is op pad noord, wil nog die noordelike punt van NZ aandoen voor hy terugkeer huis toe. Sê hy gaan elke vyf jaar Australië toe om te reis – duimry, ens. Wil weet of ek al in Europa was. Hy was daar toe hy 21 geword het, verduidelik hy, toe teruggekom om met sy skoolliefde te trou, ook van dieselfde distrik. Waar hulle nou al 40 jaar lank bly.

Hy vertel van sy kinders en kleinkinders. Vra uit na myne. Het nog nie kleinkinders nie, beduie ek. Hy reken duidelik dis ‘n tekortkoming in my lewe. Ek herinner my stilweg daaraan dat my een vriendin op ‘n stadium opgemerk het ouerwordende mans praat net oor hulle werk of hulle kleinkinders.

Hy vra my wat ek die middag gaan doen. Dis duidelik hy wil gesels en ‘n uitnodiging vir middagete gaan volg. Ek koes, maak een of ander flou verskoning. Ek het nog baie om te doen, nie tyd vir kuier nie.

Toe ons groet, sê hy vir my: “Geniet daardie kleinkinders.”

Agterna skat ek, moes ek miskien maar daardie ete-aanbod aanvaar het. Baie wat mens kan leer by ‘n mede-reisiger. Soos om te vertel van jou reis. Aan een wat wil luister.

En soos om nie te haastig te wees om by ‘n ander te vertoef nie.

5 thoughts on “Op reis

Add yours

  1. Ons is die gelukkiges! Reis laat on soms paaie kruis met mense wat n impak maak. Gewoonlik is dit net vir n oomblik, maar dit is hulle wat ons eie horisonne onverwags verbreed. Wens ek was meer genoe om te vra – mense vertel graag! Ek volg jou stories graag! Continue…

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

Create a website or blog at WordPress.com

Up ↑

%d bloggers like this: